|
Saadsafari ’n wonderlike leerskool |
|

Produsente bespreek die skedulering van besproeiing na aanleiding van profielgate in hierdie uieland.
Groentesaadkwekers van die Klein Karoo-streek en die Noord-Kaap het op 28 en 29 Julie die tweede saadsafari op uitnodiging van KLEIN KAROO SAADPRODUKSIE meegemaak.
Op die eerste dag van die safari het 58 produsente die Calitzdorp-, Oudtshoorn- en De Rust-produksiegebiede besoek om beste praktyke uit te ruil. Daar is lekker gesels oor baie aspekte van hierdie gespesialiseerde boerderyvertakking.
Chris Barnard, die welbekende besproeiings- en grondkundige, was die hoofspreker. Die dag is geborg deur Agriplas, ’n plaaslike verskaffer van besproeiingsprodukte. Chris het die saadsafari meegemaak en sy kundigheid met produsente op ’n praktiese wyse gedeel. Na afloop van die eerste dag se plaasbesoeke het Chris sy waarnemings met produsente bespreek. Pieter Burger van Klein Karoo Saadproduksie het aanbiedings oor plantsiektes en bestuiwing gemaak waarna die dag met ’n gesellig braaivleisete afgesluit is.
Op die tweede dag van die safari het 33 produsente plase in die Prins Albert besoek.
|
|
Read more...
|
|
|
Hoe raak Amerikaanse Jongby-siekte die groentesaadprodusent? |
|
Die byesiekte genaamd Amerikaanse Jongbysiekte (American Foulbrood Disease (AFB)) is in die Wes-Kaap gediagnoseer aan die begin van 2009. Hierdie siekte val die jongby (larwes en papies) van die byekolonie aan en veroorsaak ’n gaping in die herplasing van die werkerbye in ’n kolonie. Die gevolg hiervan is dat die werkerbye se getalle afneem tot op ’n stadium waar die bye se uithou- en oorlewingsvermoë as gevolg van die oorweldigende hoeveelheid siek jongby te gronde gaan. |
|
Read more...
|
|
Boere moet betrokke wees! |
Van links: Chris Barnard, Fertigation Acadamy; Dr Piet Grobler, Klein Karoo Saadbmarking; Pieter le Roux, Spoedwel; Dr. Jan Jacobs, Humefert Manufacturing; Lourens Conradie, Eskom; en David Malan, besturende direkteur: Klein Karoo Saadproduksie. KLEIN KAROO SAADPRODUKSIE het op 6 Augustus ’n baie interessante en insiggewende inligtingsdag oor volhoubare groentesaadproduksie by Langenhoven Gimnasium se klubhuis gehou. Mnr David Malan, besturende direkteur van Klein Karoo Saadproduksie, het gesê die inligtingsdag vir groentesaadprodusente was baie suksesvol en is deur meer as 100 produsente van die Klein Karoo en die res van die Wes-Kaap, die Noord-Kaap, Karoo en Boland bygewoon. Die sprekers was dr Jan Jacobs wat oor volhoubare biologiese grondbestuur gepraat het; mnr Pieter le Roux, wie se voorlegging gehandel het oor die praktiese implementering van ’n biologiese bestuursprogram tov bemesting, siekte en plae; dr Piet Grobler, wat oor die voorkoming van siektes deur gebruik van optimale bestuurs- en produksiepraktyke en toestande gepraat het; mnr Lourens Conradie wat lig gewerp het op die hantering van bolle en saad ná die oes en die droging en berging daarvan; en mnr Chris Barnard wat gesels het oor drupbesproeiing en die bestuur daarvan op verskillende grondsoorte. |
|
Read more...
|
|
Vegetable seed production – definitely profitable and sustainable farming |
|
KLEIN KAROO SEED PRODUCTION (PTY) LTD in Oudtshoorn focuses on the accretion of high quality vegetable seed for international clients. The company offers its clients and growers professional, technical and production advice. It also has an internationally accredited seed cleaning and laboratory facility. “For producers in the Western, Northern and Eastern Cape there are numerous opportunities to place greater emphasis on seed production. Growing seed is definitely a profitable industry with many possibilities and a very bright future. Seed producers not only provide seed – they also contribute greatly to food production and food security for the world market. Thus, there will always be a demand for good quality vegetable seed. “The fact that South Africa is situated in the southern hemisphere makes KLEIN KAROO Seed Production a strategic provider of seed to companies in the northern hemisphere so they are able to provide their clients with seed throughout the year,” says David Malan, managing director of KLEIN KAROO Seed Production. |
|
Read more...
|
|
Groentesaadproduksie - beslis ’n winsgewende en volhoubare boerdery |
|
KLEIN KAROO SAADPRODUKSIE (EDMS) BPK in Oudtshoorn fokus op die vermeerdering van hoëgehalte groentesaad vir internasionale kliënte. Die maatskappy bied professionele tegniese- en produksie-advies aan hul kliënte en kwekers. Hul beskik oor ’n internasionaal-geakkrediteerde saadskoonmaak- en laboratoriumfasiliteite. “Vir produsente in die Wes-, Noord- en Oos-Kaap is daar goeie geleenthede om groter klem op saadproduksie te plaas. Die kweek van saad is beslis ’n winsgewende bedryf met baie moontlikhede en ’n rooskleurige toekoms. Saadprodusente verskaf nie net saad nie - hulle dra ook grootliks by tot voedselproduksie en voedselsekuriteit vir die wêreldmark. Daar sal dus altyd ’n vraag na goeie gehalte groentesaad wees. Die feit dat Suid-Afrika in die suidelike halfrond geleë is, maak van KLEIN KAROO Saadproduksie ’n strategiese voorsiener van saad vir maatskappye in die noordelike halfrond sodat hulle weer aan hul kliënte saad reg deur die jaar kan verskaf,” sê David Malan, besturende direkteur van KLEIN KAROO Saadproduksie. |
|
Read more...
|
|
|
|
|
<< Start < Prev 1 2 3 4 5 Next > End >>
|
|
Page 1 of 5 |