|
Klein Karoo Saadproduksie (Edms) Bpk op Oudtshoorn is ‘n toonaangewende groentesaadproduksiemaatskappy wat internasionaal erkenning geniet vir uitstaande diens, gehalte en integriteit. Die maatskappy beskik tans oor twee loopbaangeleenthede.
Senior Saadproduksie-adviseur
(dele van Wes-Kaap/Sentraal-Karoo/Noord-Kaap)
Pligte en verantwoordelikhede
Die algehele bestuur van alle aspekte van saadproduksie wat insluit: • Implementering en uitvoering van die maatskappy se saadproduksiestrategie in die betrokke produksiegebiede • Werwing en kontraktering van geskikte kwekers in hierdie gebiede • Algehele bestuur, beheer en kontrole van produksiegebiede ten opsigte van: Algemene bestuurspraktyke van produsente, wat insluit: Die vestiging van saadproduksies met saad of plantmateriaal; gereelde besoeke en tegniese ondersteuning aan die produsente; aanbevelings ten opsigte van bemesting, siekte- en plaagbeheermiddels; beheer van algemene produksie-, oes- en dorspraktyke op die plaas; en kontrole oor korrekte etikettering en lewering van saad • Handhawing van vereiste isolasies tussen soortgelyke gewasse • Uitlê en bestuur van aanpasbaarheidsproewe in die betrokke gebied • Opstel en bestuur van ‘n begroting in die betrokke gebied.
Vereistes
• Naskoolse kwalifikasie in landbou met verkieslik plantproduksie, plantpatologie of landboubestuur
• Nagraadse landbou kwalifikasie sal ‘n sterk aanbeveling wees • Ondervinding in die produksie van groente, groentesaad of algemene saadproduksie • SANSOR - en AVCASA-akkreditasie sal in u guns tel • Hierdie dinamiese kandidaat is bereid om dikwels te reis en het: Die vermoë om selfgedrewe en alleen te werk; goeie interpersoonlike vaardighede; die vermoë om in ‘n span te werk; uitstaande kommunikasie- en taalvaardhede; en die vermoë om analities te dink.
Junior Saadproduksie-adviseur
Pligte en verantwoordelikhede
Die posbekleër sal verantwoordelik wees vir ondersteuning en hulp aan die produksie-adviseurs in verskeie produksiegebiede in die uitvoering van hul pligte (soos hierbo uiteengesit).
Vereistes
• Graad 12 (of soortgelyke kwalifikasie) en ‘n naskoolse kwalifikasie in landbou met verkieslik plantproduksie, plantpatologie of landboubestuur sal ’n aanbeveling wees • Ondervinding in die produksie van groente, groentesaad of algemene saadproduksie sal in u guns tel • SANSOR - en AVCASA-akkreditasie sal in u guns tel • Hierdie dinamiese kandidaat is bereid om dikwels te reis en het: Die vermoë om selfgedrewe en alleen te werk; goeie interpersoonlike vaardighede; die vermoë om in ‘n span te werk; uitstaande kommunikasie- en taalvaardhede; en die vermoë om analities te dink.
Die maatskappy bied hierdie twee uiters uitdagende loopbaangeleenthede met markverwante vergoedingspakkette en uitgebreide byvoordele aan in ruil vir u kundigheid, entoesiasme en vaardighede.
Indien u aan bogenoemde vereistes voldoen en belangstel om in aanmerking te kom vir hierdie pos, word u vriendelik versoek om ’n volledige CV te stuur aan: Ellen Smith, Klein Karoo Saadproduksie (Edms) Bpk, Koöperasiestraat, Posbus 241, Oudtshoorn, 6620. (Geen fakse asseblief)
Navrae: Ellen Smith, tel: 044 203 5207/259 / esmith@kleinkaroo.com
Indien ons u teen 20 Januarie 2012 nog nie gekontak het nie, kan u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie.
Sluitingsdatum: 9 Desember 2011 |